Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 13 NOVEMBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin vanoggend met die nuus van twee stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons rapporteer dat die sleutel van Chris Nagel, ZS6BGH, ex ZS6BGD en ZS3B, stil geword het op Sondag 6 November 2016. Chris was bekend vir sy reise regoor Suid-Afrika en Namibië met sy drie-wiel voertuig of Tukkie onder die roepsein ZS3B driewiel mobiel.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie en vriende.

Die sleutel van Dawie Pansegrouw, ZS1PRF, ex ZS4DR, het stil geword op Sondag 6 November 2016.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou Alethea, sy seun Didi, ZS1DFP, familie en vriende.

POUSE

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL KANTOOR ADMINISTRATEUR BEDANKING

WEBTUISTE SPAN OPSOEK NA BETA TOETSERS

INTERNET VIER 25STE HERDENKING

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander interessante nuusgebeure


** Die President en die Raad van die SARL adviseer hiermee die lede dat Vonnie Oelofse, die SARL kantoor administrateur, as gevolg van persoonlike omstandighede, haar bedanking met onmiddellike effek aangebied het.

Die SARL kantoor by die NARS sal gevolglik gesluit wees vir die volgende paar dae en kan werk op 'n deeltydse basis totdat 'n plaasvervanger administrateur gevind kan word. Geoff Levey, ZS6C, die Raadslid verantwoordelik vir die NARS, sal enige dringende navrae beantwoord.

Die SARL het 'n vakature vir 'n kantoor administrateur met onmiddellike effek. As jy belangstel om aansoek te doen vir hierdie pos, kontak vir Geoff Levy, ZS6C, by 082 546 5546 of per e-pos glevey@gmail.com vir 'n posbeskrywing en verdere besonderhede.

** Die Webtuiste Span is opsoek na Beta Toetsers vir die nuwe sagteware/tuiste wat geskep is vir toetsdoeleindes.

Alle positiewe terugvoer oor die webtuiste kan op die webtuiste self geplaas word.

Gevorderde Kenmerke is bygevoeg, byvoorbeeld die ontwykende duim boontoe knoppie en direkte foto oplaai funksionaliteit, om nie eens van die nuwe verbeterde snuffelmark te praat nie.

Registrasie is geoutomatiseer. Indien onseker oor wat om te doen, kyk asseblief na die vraag en antwoord afdeling op die webtuiste vir die regte inligting.

Indien daar wel een is, moet asseblief nie die SARL Forum vir besprekings oor die Beta Toets Webtuiste gebruik nie. Hierdie is slegs ‘n toet webtuiste en ons het al die korrespondensie rakende hierdie tuiste in ‘n sentrale plek nodig, verkieslik op die nuwe toets webtuiste.

Na bevestiging van jou SARL lidmaatskap, sal jy na die SARL Lede groep opgegradeer word en al die bykomende funksies sal beskikbaar word.

Jou toets begin hier: www.sarl.hamradio.org.za/

Aangesien hierdie ‘n nuwe webtuiste is wat getoets word, sal van jou verwag word om op die webtuiste te registreer soos verduidelik in die vraag en antwoord afdeling op die tuiste. Die nuwe webtuiste het niks te doen met die huidige SARL FORUM /Webtuiste nie.

** 12 November 2016 is the 25ste herdenking van die eerste Suid-Afrikaanse Internet netwerk stelsel. In 1988, het Mike Lawrie die Rhodes Universiteit span gelei wat die heel eerste Suid-Afrikaanse Internet netwerk stelsel gevestig het. Die volgende jaar het Rhodes vir die eerst keer e-pos gebruik.

Suid Afrika het soliede Internet fondasies wat deur visioenêre Suid-Afrikaners geskep is wat die potensiaal in hierdie nuwe tegnologie raakgesien het. Hierdie tegnologie het floreer en het vele plaaslike Internet sentrums vir voortreflikheid geskep onder andere die ZACR wat die administrasie behartig vir tweede-vlak domeins binne die groter ZA.

** Ons sien dat die Maksimum Bruikbare Frekwensie nie meer die laer BHF frekwensies bereik nie, maar meer in die HF spektrum rondsweef gedurende die minimum sonvleksiklus. Volgens die ARRL, is die son se magnetiese veld besig om te verswak, heelwaarskynlik tot die laagste vlakke in ons leeftyd. Met ‘n swak son magnetiese veld, bereik meer galaktiese kosmiese strale die aarde se atmosfeer. Ons sien nou ongekende hoë neutrone tellings (neutrone is een van die neweprodukte van kosmiese strale). Aangesien galaktiese kosmiese strale meesal baie energieke protone is, kan hulle lae atmosferiese hoogtes bereik en botsings ionisering in die D streek en laer E streek veroorsaak. ‘n Oorsigtelike raming wat kosmiese straal ionisering vlakke gebruik, bevestig hoër ionisering vlakke in die laer atmosfeer en 160 meter is nie baie verdraagsaam wanneer dit by meer absorbsie kom nie. Die sonvlek mimimum in die 2020's mag selfs te diep wees vir 160 meter!

** Elke jaar hou die Oos-Kaapse tak van die Bergklub van Suid-Afrika se Soek en Redding (S & R) afdeling 'n bergredding oefening en nou word Hamnet Oos-Kaap uitgenooi om saam te werk en radio te speel.

Die naweek van 5 en 6 November 2016 was die tweede oefening in die huidige formaat wat die Suid-Afrikaanse Lugmag behels met hul BK helikopters, EMS, en natuurlik, Hamnet Oos-Kaap.

Soekspanne bestaande uit MCSA S & R lede en “medics” is ontplooi by verskeie afgeleë dele van die Groendal natuurreservaat. Die meeste van die oefening is met “trooping” spanne (of sticks in S & R lingo) betrokke. Spanne is verwag om velig in die helikopter te klim, die "spotting" to beoefen terwyl in die lug, af te klim van die helikopter, hul koördinate te bevestig, 'n paar geringe take uit te voer en dan 'n nuwe landingsone (LZ) te kies vir die helikopter wanneer hulle gehaal word, en uiteindelik die vlieënier te navigeer sodat hy hul plek kan kry. Meer gevorderde opleiding is op die Sondag gedoen en dit sluit in die hys van pasiënte en ander gevorderde tegnieke.

Uit 'n radio perspektief, het die Hamnet span mobiele herhalers ontplooi om die terrein te dek en die koppeling van die spanne op die grond met die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) te bewerkstellig. Die herhalers het BHF dekking aan die spanne verleen wat baie goeie kommunikasie met die GOS en ander spanne geniet het.

Een van ons Hammies - Graydon Higgs (ZU2GH) was by die Hamnet Oos-Kaap span. Hy het bygedra tot die implementering van die Hamnet herhaler en die digitale poort wat toegang tot Whatsapp, SMS, Internet, en telefoonoproepe aan die GOS verleen het.

Graydon was op 'n hoë punt (waar die herhaler geplaas is) en van daar het Graydon uitstekende radio kommunikasie geniet. Ons het die herhaler op 'n hoogtepunt ontplooi waar ons geweet het daar is 3G-dekking beskikbaar. Dit het beteken dat die GOS 'n internet-verbinding en telefoon vermoëns tot hul beskikking gehad het. Die herhaler is as waardevol bewys toe die lugmag bedrywighede sentrum in kennis gestel is van die aktiwiteit en dit was ook nodig om 'n probleem op te los met die vlugtyd van een van die vliegtuie.

Die GOS is beman met die hulp van die volgende radio amateurs: Gert ZS2GS, Colin ZR2CRS, Mandy ZS2AV en Andrew ZS2G. Hamnet Oos-Kaap kan trots wees op die manier waarop hulle gewerk het.

Weereens het Andrew Gray en sy span gewys wat gedoen kan word. Spesiale dank aan Glen ZS2GV en Colin ZR2CRS vir die ondersteuning van die Hamnet Oos-Kaap span.

Ek glo die oefening was uiters suksesvol en 'n groot "Welgedaan!" aan almal wat betrokke was. Ek glo ons almal het dit geniet en waarde tot die oefening bygedra.

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 26 November 2016 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer, inligting skakel Geoff ZS6C op 082 546 5546.

** Op 19 November hou die Overberg Amateurradioklub hul jaareind funksie by Stanford. Dit is ‘n bring en braai en slaaie en peuselhappies sal voorsien word. Besoekers is welkom. Bring ‘n tent en geniet die naweek saam met ons. Vir verdere inligting, kontak gerus vir André, ZS1AZ, op 0727291680 of andre@zs1az.co.za

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 17 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid van 10m openinge op Noord-Suid sonverligte paaie.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

13 November – SARL Jeug Net
19 November – Antieke Draadloos Vereniging AJV & Snuffelmark
26 November – Wesrand Snuffelmark
26 - 27 November – CQ WW DX CW Kompetisie
3 - 4 Desember – UK/EI DX SSB Kompetisie
4 Desember – SARL Digitale Kompetisie
10 – 11 Desember – ARRL 10m Kompetisie
11 Desember – SARL Jeug Net

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Die President en die Raad van die SARL adviseer hiermee die lede dat Vonnie Oelofse, die SARL kantoor administrateur, as gevolg van persoonlike omstandighede, haar bedanking met onmiddellike effek aangebied het.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003